Young Spurs se uitslae

Op Saterdag, 2 September het die top 12 wedstryde amptelik afgeskop en vissersmanne van Young Spurs, wat ook gekroon is as vanjaar se Boland Noord-Weste liga-kampioene, het gasheer gespeel en kragte gemeet teen die manne van Porteville-rugbyklub. Die wedstryd het plaasgevind op Doringbaai se sportterrein. Young Spurs het hul teenstanders ore aangesit en het weer eens bewys hoekom hulle gekroon is as vanjaar se liga-kampioene.

Young Spurs het Porterville met 19-15 geklop. Die puntemakers van Young Spurs was as volg: Drieë: Gilbert Oerson, Clifford Klaase, Franky Afrikaner en Hercelle Witbooi. Puntemakers van Porteville is onbekend.

Volgens Clayton Kordom, finansiële beampte van Young Spurs-rugbyklub, was die gees van die tuis-ondersteuners op Doringbaai baie positief en jy kon ook die positiewe gees van die spelers gevoel het.

“Dit was ʼn titaniese stryd maar Young Spurs het tot die einde karakter getoon met hul aanvallende sowel as manjifieke verdediging en dit is inderdaad ʼn trotse span, trotse ondersteuners en trotse gemeenskap,” sê Kordom

Kordom voeg ook by dat die atmosfeer lekker en opwindend was en hy is trots op die spelers, bestuur, afrigters en ook almal wat ʼn positiewe bydrae gemaak het om die dag ʼn sukses te maak.

“Ek is trots op my dorp en ons bedank Porterville se spelers asook hul ondersteuners. Saterdag se wedstryd is nou verby en ons fokus op die voorbereidings vir 16 September se wedstryd wanneer ons manne na Pella in die Wes-Kaap gaan reis om kragte te meet teen Young Hearts,” sê Kordom.

               

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?