Young Spurs reis na Pella

Die vissersmanne en liga-kampioene in die Matzikama-streek, Young Spurs, reis eerskomende Saterdag, 16 September na Pella in die Wes-Kaap om kragte te meet teen Young Hearts.

Die volgende spelers is gekies om Young Spurs te verteenwoordig in die stryd teen Young Hearts:

Gilbert Oerson (15), Liam Owies (14), Patricio Frisley (13), Jetro Joseph (12), Ralf Klaase (11), Dalian Fredericks (10), Terrence Don (9), Charl van Wyk (8), Clifford Klaase (7), Chrisjan Owies (6), Kearno Boois (5), Franklin Afrikaner (4), Ethan Sampson (3), Jacques Blankenberg (2), Jerome Williams (1)

Reserwes:

Ernst Jantjies (16), Alfonso Afrikaners (17), Ashton Boois (18), Dehan Owies (19), Herschelle Abrahams (20), Jason Frisley (21), Anthony van Zyl (22).

Volgens Clayton Kordom, finansiële beampte van Young Spurs-rugbyklub, is die gees van die span, bestuur en ondersteuners groot en die manne van Young Spurs het hard geoefen.

“Dit is Young Spurs se tweede wedstryd van die Boland Noord-Weste top 12 streek-uitdaging,” sê Kordom.  

 

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?