Wynroetes in die Matzikama-streek en omliggende areas

Die Namakwa/Weskus is nie net bekend vir sy blomme nie, maar bied ook baie geleenthede vir wynliefhebers om wyn te proe op van die land se vernaamste wynplase. Die streek spog ook met ’n kelder wat se wingerd die naaste aan die see is – slegs sowat 600m.

Die gewildste wynroete is die Weskus-wynroete wat gewoonlik begin by Paleisheuwel in die suide en kronkel deur Klawer, Vredendal, Lutzville, Doringbaai en eindig op Lambertsbaai.

Die wynroete is baie maklik om te volg met aanwysings wat duidelik aandui waar ’n kelder is. Meeste van die kelders is ook toegerus met proe-lokale. Besoek hierdie verskillende wynroetes oor die naweek om uitstekende wyne te proe.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?