Wilmien Vos presteer puik op tennisbaan

Wilmien Vos, ʼn leerder van Laerskool Vredendal, is die skool se nommer 1 dogters-tennisspeler, en sy het vanjaar puik op die tennisbaan gevaar.

Volgens Cobus Nieuwoudt, assistent-onderwyser by Laerskool Vredendal, het Wilmien aan verskeie tennistoernooie deelgeneem en tot op hede het sy 32 wedstryde uit 50 gewen. Hierdie prestasies het gemaak dat sy tans 15de in die land op die TSA ranglys is.

“Wilmien het ook tydens die Maartvakansie die Boland in ʼn interprovinsiale toernooi verteenwoordig. Sy het toe as nommer 1 vir die onder 13B-span gespeel. En sy is tans Boland se nommer 2 speler vir onder 12 dogters,” sê Nieuwoudt

Van 12 tot 15 Oktober is Wilmien as een van die top sestien dogters vir o.12 genooi na ʼn toernooi van Tennis South Africa (TSA) Growth Point Master op Potchefstroom.

Die skool is baie trots op Wilmien met haar mooi prestasies en wens haar sukses toe en dat sy nog verder sukses behaal.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?