Werksgeleentheid by Namaqua Engineering

Namaqua Engineering opsoek na Grafiese Ontwerper

Namaqua Engineering, ’n ingenieursmaatskappy in Vredendal, is opsoek na ’n op-en-wakker, kreatiewe persoon om hul grafiese ontwerp kantoor te bestuur.

Die sleutel verantwoordelikhede vir hierdie pos behels die skep van visuele konsepte en ontwerpe vir advertensies soos voertuigbemarking, plakkaatontwerp en algemene bemarkingsmateriaal asook die produksie en toepassing van die bogenoemde ontwerpe in ’n finale produk.

Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

– Kreatief wees

– Uit die boks kan dink

– In ’n kort tyd met konsepte en ontwerpe vorendag kom

– Goed onder druk kan werk

– Gewillig wees om fisiese werk te doen soos die aanbring van vinylvoertuiggrafika

– Oor goeie tydsbestuursvaardighede beskik

– Rekenaargeletterd wees

Redelike kennis en ervaring in CorelDraw behoort tot jou voordeel te tel.

Namaqua Engineering sluit alle belangrike ingenieursdissiplines in hul maatskappy in.  Hul visie is om hul kliënte te voorsien van die beste tegnologie, uitstekende raad en professionele dienste om hul hulpbronne te optimaliseer en doeltreffend te gebruik om hul maatskappye te verander in meer mededingende en florerende sake-eenhede.

Namaqua Engineering beywer hulle ook om hul kliënte te bemagtig om hul prestasievermoëns aansienlik te verhoog ten einde doelwitte te behaal deur uitstekende ingenieursdienste te bied. “Om hierdie doelwitte te bereik, sal ons ons werksmag bemagtig en bestuur om hulle potensiaal te optimaliseer.”

Indien jy belangstel in hierdie pos, kan jy jou volledige CV met verwysings na pieterk@namaqua-eng.co.za stuur. Die begin datum vir hierdie pos is Vrydag 1 September 2017.  Indien moontlik, sal dit verkies word as jy vir twee weke vooraf vir opleiding by ons aansluit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?