Werksgeleenthede vir matrikulante

Wil jy werksondervinding in die Openbare Diens opdoen? Jy hoef nie verder te soek nie!

Die Premier’s Advancement of Youth (PAY)-projek bied matrieks van die klas van 2017 werk en opleiding aan van 1 April 2018 tot 31 Maart 2019. Dit kan lei tot ’n geleentheid om vir ʼn beurs in aanmerking te kom sodat jy verder in jou veld van belangstelling kan studeer!

Doen aansoek vir ons program en dan maak ons die opdoen van werksondervinding beter tesame

Is hierdie jy?  

Jy het die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen in 2017 in die Wes-Kaap geskryf en geslaag. Jy is nie van plan om in 2018 verder te studeer nie. Jy is ’n Suid-Afrikaanse burger wat in die Wes-Kaap woon. Jy het geen netwerk of steun om jou te help om beroepskeuses te maak nie. Jy het finansiële probleme. Jy is 24 jaar oud of jonger.

Indien jy “ja” op al die vrae geantwoord het, is die PAY-projek vir jou!

Die volgende departemente gaan indiensopleiding aanbied:

  1. Departement van die Premier
  2. Departement van Landbou
  3. Departement van Gemeenskapsveiligheid
  4. Departement van Kultuursake en Sport
  5. Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme
  6. Departement van Omgewingsake & Ontwikkelingsbeplanning
  7. Departement van Gesondheid
  8. Departement van Menslike Nedersettings
  9. Departement van Plaaslike Regering
  10. Die Provinsiale Tesourie
  11. Departement van Maatskaplike Ontwikkeling
  12. Departement van Vervoer en Openbare Werke
  13. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD)

Maak dit ʼn werklikheid!:  

  • Voltooi die aanlynaansoekvorm by http://www.westerncape.gov.za/jobs. (Aansoeke open op Maandag, 8 Januarie 2018).  
  • Kom voorbereid om ’n kort verklaring oor jou belangrikste vaardighede en vermoëns, belangrike prestasies en ervaringe en loopbaandoelwitte te skryf.  
  • Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 26 Januarie 2018.

Wat gaan jy bereik?  

  • Werksondervinding in die staatsdiens  
  • Kontakbare verwysings vir jou splinternuwe CV  
  • ’n Stel vaardighede en ondervinding wat jou meer bemarkbaar gaan maak  
  • ’n Jaar om ingeligte loopbaangerigte besluite te maak met ’n netwerk wat jou ondersteun

Jy kan ook verder:  

Jou NSS-uitslae verbeter om ʼn groter kans te staan om toelating tot ʼn universiteit/tegniese en Beroepsgerigte Onderwys en Opleiding (TVOO)-kollege te kry.

Wenke vir aansoeke:  

  • As jy nie ʼn e-posadres het nie, skep onmiddellik een. Jy het dit nodig om aansoek te doen.  
  • Jy moet eers registreer voordat jy kan aansoek doen.  
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ’n gebruikersnaam en wagwoord (pinnommer) ontvang.  
  • Jy moet die gebruikersnaam en wagwoord gebruik om aan te meld en die aansoekvorm invul.  
  • Na voltooing van the aansoekvorm, sal jy die volgende boodskap ontvang: “You have successfully applied for the PAY Project internship.”  
  • Stoor asseblief jou gebruikersnaam en wagwoord in ʼn veilige plek sodat jy dit kan kry wanneer jy dit nodig het.  
  • Vind die openbare biblioteek naaste aan jou met toegang tot die internet.  
  • Vind die Thusong-dienssentrum naaste aan jou en bepaal of hulle toegang tot die Internet bied.

Vir meer inligting:

Besoek http://www.westerncape.gov.za/PAY of skakel die Wes-Kaapse Regering Kontaksentrum-hulplyn: 0860 142 142 of die PAY-kantoor: 021 483 0743/4 tydens kantoorure.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?