Werkers hard besig aan Klawer-brug

Daar word beoog om die Kransrivier-brug, wat tans onder konstruksie is net buitekant Klawer, einde 2017 te voltooi.

 

Die staalbrug (vals-brug) is in Februarie vanjaar geïnstalleer om die boog op die brug te giet.

Die eerste brug wat gegiet is, was in April. Binne die volgende twee weke is die ingenieurs se volgende stap om die brug van 9 m aan te skuif vir die tweede boog wat gegiet moet word.
Die motoriste word gevra om asseblief geduldig te wees by die padstop gedurende die konstruksies wat aan die brug gedoen word en dat motoriste vir hul eie veiligheid by die snelheidsgrens moet hou.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?