Wêreldtraumadag

Vandag word Wêreldtraumadag regoor die wêreld herdenk. Die dag fokus op die kritieke rol van doeltreffende hospitaal-traumasorg tydens die lewensbedreigende oomblikke ná ’n ongeluk wanneer doeltreffende nooddienste ’n beduidende impak kan hê om beserings en trauma-sterftes te verminder.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is trauma ’n belangrike oorsaak van dood en gestremdheid regoor die wêreld.

Die WGO-navorsing het getoon dat ten minste 50 persent van padsterftes wat in ontwikkelende lande voorkom, voorkom kon word met doeltreffende aksie nadat trauma plaasgevind het, dit is:

  • Onmiddellike voorhospitaal-sorg
  • Voldoende kennis van die hantering van noodsituasies (behels opleiding van personeel);
  • Voldoende toevoer van voorhospitaal-sorgtoerusting en -geriewe (genoeg ambulanse en ander mediese voorrade).
  • Die herdenking van die Wêreldtraumadag beklemtoon die belangrikheid van die redding en beskerming van ’n lewe tydens die mees kritieke oomblikke en die voorbereiding en toepassing van kritieke maatreëls om die dodelike trauma te hanteer.
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?