Wêreld Diabetesdag

Wêreld Diabetesdag (WDD) is ’n belangrike wêreldwye bewusmakingsveldtog vir diabetes. Die dag is 1991 deur die Internasionale Diabetesfederasie (IDF) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) ingestel as antwoord op die toename van diabetes oor die hele wêreld. Die doel van Wêreld Diabetesdag is om begrip te vra vir diabetes – wat wêreldwye epidemiese vorms aanneem – onder volwassenes, maar ook onder kinders. Wêreld Diabetesdag word elke jaar op 14 November gevier.

Diabetes Mellitus (of suikersiekte) is ’n toestand waar daar hoë suikervlakke in die bloed is as gevolg van ’n insulien tekort of die verkeerde reaksie op insulien. Insulien is nodig om suiker van die bloed tot in die liggaam se selle te vervoer sodat die suiker dan as energie gebruik kan word.

Daar is drie soorte diabetes

Tipe 1:
Tipe 1 diabetes gebeur wanneer die pankreas ophou om insulien te produseer. Die aanvang is skielik en gewoonlik in jong mense onder die ouderdom van 30. Mense met tipe 1 diabetes moet insulieninspuitings neem om normaal te kan funksioneer. Dit moet goed balanseer word met voedselinname en oefenprogramme.

Tipe 2:
Tipe 2 diabetes is wanneer die pankreas nie genoeg insulien produseer nie of die liggaam nie reg reageer op die insulien nie. Ongeveer 85 – 90% van alle mense met diabetes is tipe 2 en meeste mense hiermee is ouer as 40, oorgewig en neem nie deel aan enige soort oefening nie.

Hierdie tipe diabetes kan suksesvol behandel word sonder die gebruik van medikasie. Gesonde eetgewoontes en gereelde oefeninge speel ’n groot rol in die hantering van die siekte. Tipe 2 diabetes is op ’n manier meer gevaarlik as tipe 1 aangesien die aanvang geleidelik is en dit soms moeiliker is om op te tel. Hoë bloedsuikervlakke oor ’n lang tydperk kan ernstige skade veroorsaak en kan lei tot blindheid, hartaanvalle, beroertes, nierversaking, impotensie en ook amputasies.

Tipe 3 – Swangerskap-diabetes is ’n tydelike toestand wat tydens swangerskap plaasvind.

Tekens en simptome van diabetes sluit in:

  • Ongewone dors
  • Gereelde urinering
  • Ongewone gewigsverlies
  • Uiterste moegheid of gebrek aan energie
  • Versteurde visie
  • Gereelde of herhalende infeksies
  • Snye en kneusplekke wat lank vat om gesond te raak
  • Tinteling en gevoelloosheid in hande of voete
  • Die risikofaktore vir diabetes sluit in:
  • Oorgewig en vetsug
  • Hoë bloeddruk
  • Hoë cholesterol
  • Onaktiewe leefstyl
  • Ongesonde eetgewoontes

Bestuur van diabetes:

Diabetes kan nie genees word nie, maar dit kan beheer word. Dit is baie belangrik om met jou dokter te praat oor watter tipe diabetes jy het sodat jy jou leefstyl en dieet kan aanpas.

Hier volg wenke vir die beste bestuur van diabetes:

  • Neem elke dag insulien soos voorgeskryf (tipe 1)
  • Volg ’n gesonde en balanseerde eetplan
  • Drink genoeg water
  • Toets jou bloedsuikervlakke gereeld
  • Doen genoeg oefening bv. stap
  • Monitor jou bloeddruk en cholesterol
  • Hou op rook
  • Gaan gereeld jou liggaam na vir enige snyplekke, rooi kolle en swelling (veral jou voete!)
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?