Wenke vir ouers by hul kinders se skolesport

Soms kan dit moeilik wees vir jou as ouer om nie iets te sê langs die sportveld nie. Wat ouers dikwels nie besef nie, is dat jy dit vir jou kind moeilik maak, kinders raak skaam as ouers langs die sportveld skree, al bedoel jy dit goed. Hieronder is ’n paar wenke oor hoe om langs die sportveld op te tree sodat jy én jou kind dit geniet om daar te wees.

 

  1. Hou dit vriendelik, moenie die wedstryd en kompetisie te ernstig opneem nie.
  2. Wees entoesiasties, maar moenie instruksies van die kantlyn af skree nie.
  3. Beklemtoon dat hulle hul bes moet gee en nie fokus op wen nie.
  4. Moedig albei spanne aan, moenie die een span swak maak nie.
  5. Aanvaar die afrigter se keuse van spelers op die veld.
  6. Laat die afrigters die afrigting doen.
  7. Laat jou kind toe om vir hom/haarself te speel.
  8. Dink voor jy praat, onthou dit is kinders en woorde maak seer.

Probeer volgende keer om hierdie wenke toe te pas, jou kind kan dalk met ander oë na jou kyk en jou na elke wedstryd toe nooi. Die belangrikste is dat hulle en jy as ouers dit moet geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?