Wenke vir ’n gesonde leefstyl hierdie somer

Met die somerseisoen wat om die draai is, is dit tyd dat jy jou liggaam gesond moet hou en na jouself moet begin kyk. Hier is ’n paar wenke wat jy kan volg om jouself die somer gesond te hou:

  • Eet ’n gesonde ontbyt soos volgraanbrood, volgraanontbytpap of hawermout.
  • Drink ten minste agt glase skoon water per dag.
  • Kies laevetkossoorte soos maaskaas, melk en laevetjogurt.
  • Eet baie vars groente en vrugte om te sorg dat jy al die nodige vitamiene inkry.
  • Doen gereelde oefening en hou jou liggaam aan die beweeg.
  • Kry genoeg slaap sodat jy die volgende dag behoorlik en reg kan funksioneer (agt ure slaap per nag).
  • Eet vyf of ses klein porsies in plaas van drie groot maaltye per dag.
  • Beperk of verminder jou alkoholinname.
  • Sny kos en drankies met ’n hoë suiker-inhoud uit.
  • Was gereeld jou hande, veral na jy in die badkamer was. Jy kan in die somer ook siek word!
  • Onthou om sonroom aan te smeer wanneer jy uit die huis gaan, veral in die somer, om te keer dat jou vel brand en jy skade aan jou vel opdoen.

Met hierdie wenke is dit maklik om gesond te lewe en om mooi na jouself te kyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?