Wenke om jou onderneming te laat groei

Om jou nuwe onderneming te laat groei is nie aldag maklik nie. As eienaar volg jy al die regte stappe, maar vind dit steeds moeilik om sodanige winste te toon. Hierdie artikel lig maniere uit te waarop ondernemings kan groei.

 

  1. Kry nuwe kliënte. Dit is die moeilikste en duurste opsie en die waarde wat jou onderneming bied, die verkoopspersoneel se vaardigheid, die bemarkingstrategie en die mate waartoe die gehalte van jou produk/diens tred hou of beter is as dié van mededingers, is hulpmiddels tot jou beskikking om verbruikers te oortuig om by jou onderneming te koop.

 

  1. Verkoop meer aan huidige kliënte. Volg ’n doelgerigte prysstrategie – verpak ’n diens/produk teen spesiale pryse – jy het nie nodig om die kliënt te werf nie.

 

  1. Verkoop meer gereeld aan huidige kliënte. Oorweeg ’n lojaliteitskaart of ’n afslagstrategie vir gereelde aankope.

 

Om ingeligte besluite te neem rakende ’n geskikte strategie om veral meer aan bestaande kliënte te verkoop, behoort die volgende dimensies vir sakegroei in ag geneem te word. Die onderliggende aanname is dat betroubare kliënte- en bestuursinligting beskikbaar is – die grootte van die bestaande kliëntebasis; gemiddelde besteding per kliënt; frekwensie van besteding; doen ’n sensitiwiteitsanalise; oorweeg voorstelle om die transaksiewaarde te verhoog (wyses van “up-selling”); en oorweeg voorstelle om die frekwensie van aankope te verhoog.

 

Daar is baie ander aktiwiteite wat oorweeg kan word om ’n onderneming se omset en wins te verhoog. Hierdie drie wenke skep egter die grondslag vir verdere oorweging.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?