Watter bemestingstowwe om op tamaties te gebruik

Tamaties, soos enige jaarplante, is baie erg op voedsel. So dit sal baie beter groei en baie beter gehalte beloof as dit meer voedingstowwe kry. Kunsmis, chemies of organies, kan help om die ekstra voedingstowwe te verskaf dat tamatieplante vinniger groei.

Wat is die beste kunsmis om te gebruik op jou tamaties?

Die beste ding om te doen is om jou grond te laat toets om seker te maak presies wat dit nodig het. As jou grond korrek gebalanseer is of ’n hoe stikstofinhoud het, moet jy kunsmis gebruik wat minder stikstof bevat en meer fosfor. Soos 5-10-5 of n 5-10-10 gemengde kunsmis.

As jou grond ’n tekort het aan stikstof, gebruik ’n meer gebalanseerde stikstof soos 8-8-8 of 10-10-10. As jy nie ’n grondtoets kan doen of laat doen nie, en nie probleme met sieklike plante het nie, kan jy aanneem dat jy gebalanseerde grond het en ’n kunsmis gebruik wat meer stikstof bevat.

Wanneer jy kunsmis vir jou tamatieplante gebruik, wees baie versigtig dat jy nie te veel stikstof gebruik nie – dit gaan veroorsaak dat jy ’n weilige, groen tamatieplant het met baie min tamaties. As jy hierdie probleem in die verlede ervaar het, moet jy oorweeg om net fosfor aan te wend en nie ’n volledige kunsmis nie.

Wanneer moet jy kunsmis aanwend?

Tamaties moet die eerste keer bemesting ontvang sodra dit geplant is. Jy kan dan wag totdat die plante begin tamaties dra voordat jy weer kunsmis aanwend. Ná dit kan jy elke week of elke twee weke kunsmis aanwend.

Hoe om kunsmis aan te wend

Wanneer jy kunsmis aanwend terwyl jy plant, meng die kunsmis met die grond aan die onderkant van die gat waarin die plant geplant gaan word. Sit dan grond wat nog nie kunsmis bevat nie bo-op die plant-gatjie voor die plantjie geplant word. As die kunsmis regstreeks met die plante se wortels in kontak kom, kan dit die plant dood brand.

Wanneer jy kunsmis aanwend nadat die plante begin tamaties dra het, maak eerstens seker die plante het genoeg water gekry. As die plant nie genoeg water kry voordat jy kunsmis gooi nie, kan dit te veel kunsmis inneem en dood brand.

Ná jy die plante water gegee het, versprei die kunsmis op die grond vanaf ses duim van die stam van die plant. As jy kunsmis te naby aan die stam van die plant gooi, kan dit in die stam inbeweeg en die plant brand.

So hou asseblief in gedagte dat die aanwending van kunsmis uiters belangrik is en dat tamatieplante baie sensitief is teen hierdie soort middels. So weet wat jou grond nodig het, hoeveel dit daarvan nodig het en maak altyd seker dat die bemestingstowwe op die regte manier aangewend word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?