Waterinligting-aand skep nuwe moed

Op Woensdag, 8 November, het kenners op die gebied van watersuiwering- en vogbewaringstegnieke die publiek en gemeenskap van die Matzikama-streek toegespreek.

Hierdie geleentheid is by Maskam Brewing Company (MBC) net buite Vredendal aangebied en is bywoon deur talle belangstellendes. Heelwat boere van die omgewing was daar en hul kommer oor die tekort van water is effens verlig.

Danie Basson van Viking Vredendal was die eerste spreker vir die aand. Hy het begin om boere te bemoedig en te sê: “Uit hierdie slegte ding gaan nog ’n goeie ding gebeur.”

Basson het verder vertel van hul “nie goedkoop, maar gesofistikeerde produk” genaamd Percolate. Dit is ’n grondverbeteringsmiddel wat meestal uit kalsium bestaan. Percolate is ontwikkel deur ’n Spaanse boer met die doel om die poreusheid van die bo-grondlaag te verbeter.

“Ek wil graag boere help om hulself te help,” het Jacques de Beer van Pluriflo gesê. De Beer glo dinge sal beter gaan as genoeg mense betrokke raak by droogteverligting. Pluriflo het aangebied om boere te help met goedkoper komponente en die ontwerp daarvan.

Hennie Saayman, wat jare lange ondervinding in biologie en landbou het, het boere aangemoedig boere om terug na die natuur te kyk. “Kyk hoe die natuur haar balans en harmonie bewerkstellig,” was sy raad.

Die droogte veroorsaak hoofsaaklik ’n verlies van landbouproduksie en die bywonende partye was dit eens dat die inligtingsessie baie opvoedkundig was. Hulle glo planne sal in plek begin val om watersekuriteit in die landbousektor te verbeter.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?