Wat jy moet weet van pampoengewasse

Ná die druiwe- en tamatie-oeste is daar ’n paar pampoengewasse wat hul koppe gaan uitsteek. Hierdie gewasse is die volgende – pampoen, botterskorsies, skorsies en murgpampoentjies.

 

Pampoengewasse word bemark in die Boland vir voedselverwerkers en spesifieke kontrakte is vir groot kettingwinkels soos Woolworths. Van die ander pampoengewasse gaan na die Kaapse mark in Epping waar dit regstreeks aan die verbruiker of aan winkels verkoop word, en nog ’n  deel gaan na ons plaaslike mark, Up-To-Date, waar dit ook verpak en versprei word.

 

In die verlede was die Kaapse mark die vernaamste verspreidingspunt, maar dit het in die moderne era verander. Boere lewer regstreeks aan kettingwinkels en ander markte vir verspreiding. Die Wes-Kaap is ’n groot uitvoerder van botterskorsies, meestal na Europa. Hierdie gewasse se seisoen begin in Meimaand en duur tot September.

 

Die Matzikama-omgewing is ’n baie groot produseerder van hierdie gewasse. Die grondsoort is baie gunstig vir dié soort gewasse, en so ook die klimaat.

 

Bron: Samuel Agenbach.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?