Plantluise: Wat hulle doen en hoe om dit te beheer

Die plantluis is ’n baie algemene pes in die grootste deel van ons land. Plantluise se produksie begin baie stadig, maar hulle kan vinnig herproduseer en ’n kolonie van hierdie peste kan gewasse totaal en al vernietig as dit nie verhoed word nie. Gelukkig is daar heelwat organiese metodes om hierdie luise in toom te hou wat glad nie die res van jou gewasse sal beskadig nie. Hierdie insekte kan produkte soos aartappels en sitrus- en graangewasse aanval, so hou jou landerye dop.

Oorsig:

Hierdie klein insekte byt deur die stam van ’n plant, (hulle verkies jong plante wat meer uit vog bestaan) en suig al die vog op wat optree as die plant se brandstof en wat verantwoordelik is vir jong plante se groei. Hierdie insekte dra dikwels siektes en die gasheer-plant tel die infeksies op terwyl die luis daaraan eet.

Fisieke verwydering:

Vir minimale infeksies kan jy die insekte fisiek probeer verwyder. Handskoene word aangeraai vir die verwydering van die insekte van die stam en blare van ’n plant. As jy die insekte verwyder het, gooi die insekte in ’n bak vol seepwater.

Waterdruk:

Dit is moontlik om die insekte eenvoudig met ’n pyp en water te verwyder. Hierdie metode kan dalk jonger plante beskadig, maar is baie doeltreffend om kleiner aantalle van die insek op meer robuuste, sterker plante te beheer en uit te wis.

Voordelige insekte:

Dit kan baie in jou voordeel te om predatoriese insekte los te laat tussen die plantluise wat jou gewasse vernietig. Die lieweheersbesie is ’n baie goeie insek om tussen die plantluise te sit. Hierdie besie kan in groot maat gekoop word by landbou- en tuinmaakwinkels. Hierdie besies het ‘n baie groot aptyt vir plantluise, so dis ’n baie goeie alternatief vir plaagbeheer as plantluise jou pla.

Natuurlike afweermiddels ook ’n goeie opsie:
Daar is verskeie reuke wat die plantluis weg sal hou van jou gewasse, maar dit is belangrik dat jy weet watter soort plante die beste afweermiddels is. Plantluise hou glad nie van die reuk van uie en knoffel nie, so dit is die beste om dit te plant tussen jou gewasse om die luise weg te dryf dat hulle nie ’n kolonie vorm tussen jou belangrike plante nie.

Balans is baie belangrik:

Die oplossing vir die suksesvolle beheer van die plantluis is nie totale vernietiging van die insekte nie. Dink so daaraan, as die insekte heeltemal uitgewis is, gaan die diere of insekte wat die luise eet, heeltemal verdwyn om ander kos te gaan soek. Dit gee die plantluise kans om weer ’n kolonie te begin. Die beste ding om te doen is om die luise net genoeg uit te wis dat jou plante groot en sterk kan groei met min versteuring. As jy die balans behou tussen gasheerplante, prooi en predatore, sal jy nooit weer plae in jou landerye hê nie.

Gevolgtrekking:

Die plantluis is ’n pes wat baie vinnig aanteel maar ook baie vinnig beheer kan word. Die beste manier is inderdaad om dit natuurlik te doen, want teen die spoed wat hulle aanteel, gaan hulle later heel bestand word teen die insekdoders wat ’n mens spuit om hulle te beheer. Wees baie aandagtig dat die plaag wat hierdie insek kan word, nie hand uit ruk nie, want om hulle bevolking te verlaag, vat tyd.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?