Vyf wenke wat jou sal help om jou hare en vel mooi te hou dié winter

Gedurende die winter is jou vel geneig om droog te voel net soos in die somer. Velsorg is uiters belangrik om toe te pas, dit maak immers ’n groot verskil in jou voorkoms en hoe jy gaan lyk as jy ouer is. Hieronder is ’n paar wenke om jou vel en hare goed te versorg deur die winter wat voorlê.

 

  1. Skrop

Dooie velselle moet gereeld verwyder word om jou vel gesond te hou. Dr. Pholile Mpofu, dermatoloog van die skoonheidshuis Gallia, sê skropmiddels, skrophandskoene en chemiese afskilferaars werk almal, maar chemiese middels soos sitroensuur of alfahidroksielsuur is geneig om ’n sensitiewe vel te irriteer. Skrop twee keer per week en moet dit nie oordoen nie. En gebruik altyd ’n ryk bevogtiger nadat jy jou vel afgeskilfer het.

 

  1. Veod jou lyf

 

In die winter is die lug gewoonlik droër en binnenshuise verhitting droog dit nog meer uit. Dit maak dat jou vel vog verloor. Verruil daarom jou ligter vloeiroom vir ’n olieryke room of botter, of voeg lyfolie by jou roetine.

 

  1. Voed jou gesig

 

Die meeste mense vind daarby baat om meer bevogtigende produkte in die winter te gebruik, sê Pholile. Verruil jou skuimende gesigreiniger vir ’n romerige een. En voeg ’n gesigolie by jou roetine. Gesigolies moet ryk wees, maar nie jou porieë verstop nie. Smeer eers net drie keer per week olie aan en gebruik dit gaandeweg meer tot jy elke dag olie aansmeer.

 

  1. Pas jou haarsorg aan

 

“Droogheid in die winter kan jou hare bros maak en laat breek,” sê Pholile. Kies ’n matige sjampoe met bevogtigende bestanddele soos heuning, jojoba en aloe vera. Gebruik olies en maskers wat jou hare meer soepen beheerbaar sal maak. ’n Haarmasker twee keer per maand sal ook help om jou hare te bevogtig. In die winter gryp ons ook meer gereeld na die haardroër. Beperk hitteskade deur jou hare met ’n handdoek so droog moontlik te maak om die droogmaaktyd te verkort. En gebruik altyd ’n produk wat teen hitte beskerm wanneer jy jou hare stileer.

 

  1. Verlaag die temperatuur

Moenie in té warm water bad nie. Gooi badolies in die bad en gebruik ’n olieryke of romerige lyfwasmiddel. Olies vorm ’n beskermende lagie op jou vel en verminder vogverlies. Bly weg van sterk badsoute of seperige borrelbaddens, want dit kan jou vel nog meer uitdroog. As jy in borrels wil bad, kies ’n produk met ’n room- of oliebasis.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?