VSS debutante-bal uitgestel

Oudleerders van Vredendal Senior Sekondêr, wat op Saterdag, 4 November ’n debutante-bal sou gehou het, het die funksie eers uitgestel tot April 2018. Die doel van die funksie is om die skoolperseel te herstel.

Volgens Annaline Owies, oudleerder van VSS, is daar nie veel beplanning bereik vir die debutante-bal om dit ’n sukses te maak.

“Ons stel eerder die funksie uit om meer tyd te hê om ‘n sukses daarvan te maak as wat dit ’n mislukking sal wees met vinnige beplanning,” sê Owies.

Owies voeg ook by dat die reëlingskomitee verskoning vra vir die ongerief en dat steeds voortgegaan word met die donasielyste vir die herstel van die skoolperseel.

Vir meer inligting oor die debutante-bal en om ’n skenking te maak vir die herstel van die skoolperseel, kan jy die volgende persone kontak:

John Bock – 082 806 2004
Dirkie Beukes – 072 914 9828
Annaline Owies – 082 978 8946
Maureen Wenn – 078 369 1056

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?