Vrystaat se Landbou-kongres

Vrystaat Landbou (VL) stel met groot opgewondenheid hul 2017-kongres bekend. Die tema is: Waardetoevoeging – nader aan die eindverbruiker. Dit vind op 10 en 11 Augustus by Leopards & Lace in Bloemfontein plaas. Uitstallers sal by die kongres te sien wees, terwyl die publiek op 11 Augustus genooi word na Vrystaat Landbou en Volksblad se middag/aandmark by Leopards & Lace. Kom sien waaroor gaan landbou.

 

Herhalende sessies sal tydens die kongres aangebied word. Die sessies kan ook deur nie-afgevaardigde lede van boereverenigings en lede van die publiek bygewoon word. Die koste beloop R100 per sessie en registrasie voor 15 Julie is verpligtend. (Beperkte plek is beskikbaar.)

 

Die sessie-temas is:

– Hoe bemark ek myself?

– Totale waardetoevoeging

– Globale tendense

– Waardetoevoeging deur vroue in landbou

 

Sprekers is onder andere Nick Serfontein (Sernick), Adri Kitshoff-Botha (WRSA), Nadia van der Colff, Roelien Havenga (Woolworths), Hein du Plessies (BrandNewSA) en Nick Efstathiou (OFM).

 

Om die sessies by te woon of uit te stal by die kongres, kontak Ria van Staden (ria@vslandbou.co.za) of Alani Janeke (alani@vslandbou.co.za). Om by die mark uit te stal, kontak Marie-Louise Smith van Zig Zag Creations (ml@zigzagcreations.co.za).

 

Bron: agriorbit.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?