Vrugte-Kersfeeskoek

Kersfees maak my altyd opgewonde en daar is min goed wat jou in die bui vir Kersfees sit soos ’n vrugtekoek. Ek is gaande daaroor om dit elke jaar te bak. My inspirasie kom van my suster, wat my eerste vrugtekoek en die resep vir my gestuur het in ’n pragtige ou koekblik al die pad van die Vrystaat af as ’n Kersgeskenk. Die oorspronklike resep kom van Arina du Plessis se ma af. Ons het die resep effens aangepas. Hierdie resep word met baie liefde gebak. Mag jy ’n geseënde feesseisoen hê!” – Mynhardt Joubert

Bestanddele
250 ml water
310 ml bruin suiker
1 kg Montagu se droëvrugte-koekmengsel
500 g Montagu se ontpitte dadels, gekap
250 g Montagu-kasjoeneute, liggies gekap
7 ml koeksoda
100 g Moir’s se heel geglasuurde rooi kersies
100 g Moir’s se heel geglasuurde groen kersies
5 geklitste eiers
20 ml Moir’s-vanieljegeursel
125 ml KWV Brandewyn
625 ml Sasko-bruismeel
5 ml sout
5 ml fyn kaneel

Metode:
Voorverhit die oond tot 120⁰C (250⁰F) en botter die binnekant van ’n hoë, 25 cm koekpan. Lê drie lae bakpapier binne-in neer en botter dan weer.
Begin stadig die eerste agt bestanddele kook en laat die baksel vir vyf minute prut.
Verwyder die mengsel van die hitte en laat dit afkoel. Voeg die kersies by.
Meng die eiers, vanieljegeursel en brandewyn saam en voeg dit dan by die mengsel. Voeg die meel, kaneel en sout by en meng dan goed.
Skep die mengsel in die koekpan en bak vir twee ure.
Laat die vrugtekoek afkoel en keer dit dan uit. Strooi ’n knertsie brandewyn oor die koek en plaas dit in ’n lugbestande houer.

Strooi gereeld ekstra brandewyn oor die koek om dit klam te hou

Berig veskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?