Vriendskaplike wedstryde vir Invincible RFC

Hierdie naweek gaan Invincible RFC hul laaste vriendskaplike wedstryde speel voor die rugby-seisoen die naweek van 25 Maart begin.

Die wedstryde van die naweek gaan in Vredendal-Noord plaasvind. Die besoekers is twee spanne van Calvinia, naamlik die Calvinia Tigers. Hulle gaan ’n eerste span en ’n tweede span stuur om te kom meeding teen Invincible RFC se twee spanne. Afskoptye is:

B-span : 14:45
A-span : 16:00

Daar gaan ’n kiosk wees waar koeldrank beskikbaar gaan wees, sowel verversings om te eet soos biltong en skyfies terwyl jy die wedstryde geniet. Kom geniet die wedstryde saam met die spanne en mede-toeskouers, want daar is nie iets soos te veel ondersteuning nie. Invincible RFC is tans opsoek na borge vir hulle kamp wat gaan plaasvind op 18 Maart..

As jy belang stel om ’n borg te wees, kontak Hilton Skippers vir verdere inligting by 062 488 1714 of los vir hom ’n boodskap op sy Facebook-profiel.

Bron : Hilton Skippers. Afrigter van Invincible RFC.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?