Vredendal-rugbyklub beplan om proewe te hou

Vredendal se rugbyklub is al geruime tyd aan die gang en hulle beplan om nog te bou aan wat hulle sover gedoen het. Hulle is besig om te kyk na wat hulle al bereik het en wat hulle in die toekoms kan verbeter.

Die klub beplan om môre semi-kontak-proewe te hou want die seisoen is om die draai. Volgens die afrigters is dit nou die tyd om te kyk watter spelers die nodige potensiaal het om homself in die span in te speel. Hulle gaan in sessies van vier en tien minute speel om te kyk of daar goeie kommunikasie tussen die manne is. Ná elke sessie gaan die spanne deurmekaar gegooi word om te kyk of daar nie nuwe kombinasies gevorm kan word nie.

Ons wens almal wat aan die proewe gaan deelneem, baie sterkte toe en ons hoop dat julle dit baie sal geniet en julle afrigters sal trots maak!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?