Vredendal Parkrun

Eerskomende Saterdag, 4 November word die tweede Vredendal Parkrun aangebied. Hierdie verrigtinge begin Saterdagoggend om 07:00 by Parc de Lausanne. Die parkrun vind elke Saterdag plaas by Parc de Lausanne.

Volgens Kobus Uys, ograniseerder van die parkrun is die vasgestelde roete by Parc de Lausanne elke Saterdagoggend en dit word gratis oor vyf kilometers aangebied.

“Ons volg ’n roete deur die wingerde en al wat deelnemers moet doen, is om na ons webblad te gaan en daar deur die inligting te lees en te registreer. Registrasie is gratis. Jy moet ook jou strepieskode (barcode) uitdruk en by jou hê wanneer jy deelneem. Jou besonderhede word by die eindpunt geskandeer,” sê Uys

Om in skryf, besoek Vredendal Parkrun by www.parkrun.co.za/vredendal of vir meer inligting, kontak Kobus Uys by 082 852 7582.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?