Vredendal-Motorgroep stel nuwe Trailblazer bekend

Die Vredendal-Motorgroep het verlede Vrydag die nuwe Chevrolet Trailblazer bekend gestel. Die voertuig is beskikbaar vir ’n toetsbestuur om die potensiale koper gerus te stel in die feit dat jy presies weet wat jy koop.

Hierdie Trailblazer is beskikbaar in ’n 4X2 model met ’n 2.5 liter turbo-dieselenjin, wat ’n totaal van 120 kW uitsit. Die voertuig is nie net sterk nie maar sal jou behoorlik laat terugsit in jou sitplek met wringkrag van 380 Nm, wat baie hoog is vir ’n stasiewa.

Gaan maak gerus ’n draai by die Vredendal-Motorgroep en gaan praat met een van hul agente om vir jou ’n splinternuwe Chevrolet Trailblazer te kry.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?