Vredendal Kaap Agri bou aan

Kaap-Agri Vredendal raak al hoe groter vanweë die goeie vraag na die gehalteprodukte wat die onderneming aanhou. Die buitelewe-platform word afgebreek en na ’n ander plek in die winkel geskuif, juis om die ruimte beter te benut.

 

Die kantore word uitgebreek en netjies herbou. Die afdeling vir bou-materiaal word ook groter gemaak. Daar word geskat dat die volle opknappingsprojek oor sowat 4 maande klaar sal wees.
Daar word ook beplan om die Kaap Agri Express-mark heeltemal af te breek en te herbou. Die Express-winkel word na die agterkant van die perseel geskuif en die petrolpompe gaan aan die voorkant van die Kaap Agri Express-winkel geplaas word. Toegang na die pompe sal makliker toeganklik wees weens die beter ingang, Lorries en kleiner voertuie sal makliker brandstof kan ingooi. Die express mark sal meer sigbaar wees en a.g.v dit sal die besigheid optel.Die begin en einde van die projek is nog nie bekend gestel nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?