Vredendal Build It vier 15de verjaardag

Build It, geleë op Vredendal naby die Maskam Mall, vier van eerskomende Donderdag, 19 Oktober hul 15de verjaardag. Die verjaardagverrigtinge sal van 19 tot 21 Oktober geskied en daar sal uitstallings in en rondom die winkel wees waar verskillende verskaffers soos Bosch Powertools en vele meer hul produkte gaan uitstal en gaan verkoop.

Die winskopies sal begin sodra die winkel op Donderdag om 07:30 oopmaak.

Daar sal verskeie winskopies wees waarby jy sal kan baat en daar sal ook kindervermaak wees soos ’n springkasteel waar die kleinspan hulself kan geniet terwyl die volwassenes deur die winkel kan loop om die verjaardag-winskopies op te raap. Maak ’n draai by Build It en kry jou hardeware- en boumateriaal teen afslagprys. Jy wil nie hierdie verjaarsdagverrigtinge misloop nie.

Build It se personeel gaan ook op Vrydag, 20 Oktober vir alle kliënte en verskaffers ’n gholfdag hou ten bate van die droogte wat ons tans ondervind. Die skenking gaan aan Burre Burger se droogtehulpfonds-projek.   

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?