VIA en Herman Lensing vier Kersfees met spesiale feestydbonanza

Die Afrikaanse leefstylkanaal VIA (DStv-kanaal 147) lui vanjaar die feestyd in met Herman se fees, ’n spesiale Kersbonanza. In dié uurlange kosprogram, wat van 23 November 2017 op VIA te sien sal wees, nooi SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, DStv-kykers sy kombuis binne en deel resepte vir ’n spanningslose Kersdag. Hier is ook dekor-idees vir ’n feestafel waar – in sy eie woorde – “nostalgie en styl gemaklik saamsit”.

“Daar’s iets aan ’n Kersonthaal wat mense verskriklik gespanne maak,” sê Herman. “Ek dink dis die baie gaste wat opdaag vir ’n feesmaal.” Om dié rede is Herman se fees propvol kos-idees – soos heerlike “eenpotwonders” wat skottelgoed verminder en ’n “yskoue Kersspyskaart” wat ’n dag of twee voor die tyd gemaak kan word – wat kykers sal help die feestyd met moed (en sonder spanning) aan te pak.

“Kersfees is ’n ongelooflike geleentheid,” vertel Herman. “Dis een van daardie dae wat mense bymekaarbring. Dis daardie tyd van die jaar waar jy kans kry om so veel te eet as wat jy wil, jou mooiste tafel te dek en die mense te nooi vir wie jy die liefste is. En natuurlik: geskenke.”
Al die resepte sal op SARIE se webblad beskikbaar wees. Herman se fees word met trots deur Checkers geborg.

Om Herman se onthaalgeheime vir die feestyd te steel, skakel op die volgende dae en tye in op VIA (DStv-kanaal 147) vir Herman se fees:

  • Donderdag 23 November om 18:30.
  • Maandag, 27 November om 21:30
  • Vrydag, 1 Desember om 19:00
  • Dinsdag, 5 Desember om 18:30
  • Sondag, 10 Desember om 16:30
  • Saterdag, 9 Desember om 17:00
  • Donderdag, 21 Desember om 18:30
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?