VGK Vredendal se Meneer en Mejuffrou Kermis aangewys

VGK Vredendal het die afgelope naweek hul jaarlikse kermis gehou. Die verrigtinge het gepaard gegaan met ’n modelkompetisie waar lede uit die junior en senior groep gekies is as meneer en mejuffrou Kermis.

’n Vooraf rondte van die model-kompetisie is Woensdag aangebied. Die top kandidate uit elke groep is gekies waarna hulle die finale rondte op Saterdag, 2 Desember tydens die kermis-verrigtinge aangekondig het.
Franzelle de Villiers en CJ Klein is as wenners in die junior-kategorie gekroon. Marizahn Horing is as tweede prinses aangewys en Raushaan Slimmert as eerste prinses. Ellezaine Scholtz is as tweede prins aangewys en Anchulle Beukes as eerste prins.

In die senior kategorie is Kirwin Loubser as meneer Kermis gekroon en Eden Hollenbach as mejuffrou Kermis. Monique Lategan is aangewys as die tweede prinses en Lee-Amber Oranje as eerste prinses. Ernie Filton is aangewys as tweede prins in die seuns-afdeling en Dean Basson as eerste prins.

Om die pienkvoetjies van die gemeente te akkommodeer, was daar ook ’n baba-kompetisie. Hermoné Swarts was derde en Jay-C Lategan tweede. Skye Autumm-Rea Swarts was die wenner van die babakompetisie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?