VGK Vredendal-Noord Nuus

Die VGK op Vredendal-Noord het die volgende nuus wat hulle met die gemeenskap wil deel. Die nuus is as volg:

Almal wat die beesbraai verlede naweek ondersteun het word bedank vir die opkoms, die bydrae en ondersteuning word opreg waardeer.

Die vrouebediening hou ’n Pasga-ete op 15 April en dit sal 19:00 begin. Meer besonderhede sal nog in die loop van die tyd bekend gemaak word.

Die VGK het ’n Goeie Vrydag-erediens en daar sal nagmaal ook bedien word in gedagtenis aan die kruisiging en sterwe van Jesus Christus. Dit sal om 9:00 begin.

Bron: Ds. Pedro Oktober – VGK Vredendal-Noord

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?