VGK se kermis

Die Verenigde Gereformeerde Kerk (VGK) op Vredendal-Noord bied op Saterdag, 2 Desember hul jaarlikse kermis aan om die feesseisoen reg te begin. Die verrigtinge gaan plaasvind by die VGK terrein en sal van 09:00 tot 18:00 wees.

Volgens Hilton Skippers, organiseerder van die kermis, kan die gemeenskap uitsien na die heerlikste geregte wat verkoop gaan word soos braaivleis, roosterkoeke, koeke, nagereg en nog vele meer liplekker geregte om van te kies.

“Daar is ook vermaak vir die kinders soos ’n springkasteel en ’n kindertafel vir hulle en ouers kan ook hul kinders inskryf vir die baba-kompetisie en ook vir die mnr. en mej. Kermis,” sê Skippers.

Skippers voeg ook by dat as jy ’n bobaas kok is en jy is handig voor die kospotte, kan jy inskryf vir die potjiekos-kompetisie wat op Vrydag, 1 Desember gaan plaasvind.

“Daar sal nog meer uitgebrei word oor die kompetisies en reëls vir die kompetisie sal nog in die tyd bekend gemaak word,” sê Skippers.

As jy jouself op 1 en 2 Desember in die Vredendal-omgewing bevind, moet jy beslis nie hierdie kermis misloop nie. Dit beloof om ’n naweek te wees wat jy nie gaan vergeet nie. So doen jou deel en ondersteun die kerk.

Vir meer inligting oor die kermis, kontak Hilton Skippers by 063 432 0626.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?