Vetvee-veiling op Clanwilliam

Cape Mohair and Wool (CMW) in samewerking met Augsburg Landbougimnasium bied op Donderdag, 12 Oktober ʼn vetvee-veiling aan. Die veiling sal plaasvind by Augsburg Landbougimnasium om 12:00.

Volgens Danie Strauss, organiseerder van die veiling, het die CMW dit goedgedink om die skool te nader om die veiling te hou en die doel van die veiling is om die skool te help om ʼn ekstra inkomste te verdien en terselfdertyd kry CMW ook blootstelling in die Clanwilliam- en omliggende areas.

“Die veiling werk basies soos ʼn Gouda-vetvee-veiling, maar ons maak dit net makliker bekombaar vir die boere in die omgewing. Dit gee ook aan hulle die geleentheid om kopers van buite te betrek – dit is hoekom ons die veiling na hulle toe bring,” sê Strauss.

Strauss voeg ook by dat die skool sal baat vind by die veiling omdat hulle ʼn deel van CMW se kommissie sal kry want daar is baie diere wat verkoop sal word en hoe hoër die omset, hoe hoër sal die kommissie vir die skool wees. Die skool sal ook help met die werwing van die vee.

Vir meer inligting oor die vetvee-veiling konak Danie Strauss by 072 585 4020 of Fancois van Schalkwyk by 082 475 8451.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?