Verwelkom só September en die lente

Hierdie week verwelkom ons die lente, en hoewel die winter ons nog nie heeltemal verlaat het nie, begin die lente se prag hier en daar sy kop uitsteek. Daar is heelwat maniere waarop jy die lente hierdie naweek kan verwelkom, en ons vertel jou hoe!

  1. Koop jou Loslitdag-plakker en dra jou Lentedagkostuum met trots.
  2. Besoek enige van die nabygeleë stranddorpies soos Doringbaai, Papendorp, Lambertsbaai of Strandfontein. Die dorpies het elk heelwat interessante besienswaardighede en talle restaurante wat lekker wyn en seekos bedien. Hier kan jy die lentesonnetjie geniet terwyl jy na die pragtige Weskus-uitsig tuur.
  3. Daar is talle uitstekende wynkelders wat jy in die Matzikama-streek kan besoek vir ’n heerlike wynproe in die Matzikama-sonnetjie.  Lees hier meer: mymatzikama.com/besoek-hierdie-wynkelders-die-matzikama-streek/
  4. Besoek jou naaste kwekery en plant ’n paar lieflike lenteblommetjies in jou tuin. Daar is min dinge soos blomme en tuinmaak om jou in die lentebui te kry.
  5. Dit is ook tyd om te “spring clean”! Daar is ’n rede hoekom die stelling so bekend is; met die draai van die seisoene is dit ’n goeie tyd om jou huis van ’n kant af skoon te maak en om ontslae te raak van al die onnodige gemors in jou huis. Skenk die klere wat jy nie meer dra nie aan een van die plaaslike organisasies en help so ook jou gemeenskap!
  6. Maskam Brewing Company vier ook Lentedag op Vrydag, 1 September met ’n lekker spesiale aanbieding! Koop enige pizza van jou keuse en geniet ’n gratis bierproe. Die pizzas sluit in: Spek, feta en avo, Meatlovers, hoender/uie, pitabrood en Regina.
  7. Daar is ook op 1 September ’n lentedans by Die Keldery saam met Die Broers. Dit word ten bate van die NG Moedergemeente aangebied. Die kaartjies beloop R160 per persoon en sluit ’n ete in.
  8. Die lenteseisoen word vanjaar behoorlik gevier deur die Namakwaland Blommefees wat van Vrydag, 1 September tot Sondag, 3 September plaasvind by die Gifberg vakansie-oord 29 km van Vanrhynsdorp. Dit is beslis een naweek wat jy nie wil misloop nie. Vir meer inligting stuur ʼn e-pos aan sebastian@nodanger.org of info@gifberg.co.za
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?