Versorg jou hande die winter

Met die koue winterseisoen wat ons tans ondervind, is dit baie belangrik om jou hande en naels goed te versorg en te pamperlang. Om jou naels goed te versorg weerspieël nie net goeie higiëne nie, maar dit verbeter ook jou gesondheidstoestand. Ons almal weet ook jou hande kan ook maklik jou ouderdom verklap, so dit is belangrik om vroeg reeds na jou hande en naels om te sien.

Onthou om jou hande gereeld te was want kieme hou daarvan om op handvatsels en selfs op jou rekenaar se sleutelbord, handsak en selfoon weg te kruip. Gebruik ook room wat spesiaal gemaak is vir hande en naels en smeer dit aan ná jy skottelgoed gewas het, gebad of gestort het of jou hande gewas het.

Knip en vyl jou naels in ’n netjiese vorm en maak seker al jou naels is dieselfde lengte, dit sal jou hande ook mooier laat vertoon. Moet nie met afgedopte naellak rondloop nie, verf ’n nuwe laag op of haal al die naellak af. Gebruik ook liefs ’n spesiale basis naellak om te keer dat jou naellak jou naels vlek. Dit voed ook jou naels en maak dit sterker. Jy kan ook ’n bo-laag bo-oor jou naellak verf om te keer dat dit vinnig afdop.

Edith Fielding, skoonheidsterapeut en stigter van Nails by Edith in Vredendal-Noord glo in die wonder van amandelolie.

“Jy kan jou naels voed en versterk deur dit in amandelolie te week. Al wat jy moet doen is om die amandelolie in ’n glas bakkie te gooi, sit dan die glas bakkie in ’n groter bak met warm water sodat die olie effens kan verhit. Week dan jou naels in die olie om die perfekte resultate vir jou naels te kry,” sê Fielding

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?