Vereer met goue toekenning

Die burgemeester, Rhenda Stephan, voel met reg trots op die goue toekenning vir Matzikama-munisipaliteit, wat onlangs namens die munisipaliteit deur Danie Lubbe, munisipale bestuurder ontvang is. Hierdie uitsonderlike prestasie word slegs aan ’n munisipaliteit toegeken wat twee jaar agtereenvolgens ’n skoon oudit deur die ouditeer generaal ontvang het.
Matzikama-munisipaliteit is een uit slegs 57 munisipaliteite wat voldoen het aan die vereistes van die MSCOA (Municipal Standard Chart of Accounts). Alle munisipaliteite oor die land is verplig deur die nasionale tesourie om konsepdokumente vir die GOP, begrotings asook verwante dokumente op die stelsel te laai voor 31 Maart 2017. Slegs 57 munisipaliteite, waarvan 22 uit die Wes-Kaap is, het hierin geslaag, waarvan Matzikama een is. In ag geneem dat daar altesaam 273 munisipaliteite in Suid Afrika is, is hierdie ’n uitsonderlike prestasie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?