Verblyf op Strandfontein

Van Eeden Accommodation is in die pragtige Strandfontein geleë. Die gastehuis is bekend vir sy skoon, gerieflike en netjiese eenhede wat teen bekostigbare tariewe gehuur kan word.

Die eenhede is sowat vyftien minute se stap van die strand en gety-poel Ontvlug die stad se gedruis en kom herlaai jou batterye in een van die skilderagtigste dorpies in ons land. Van Eeden Accommodation is ideaal vir gesinne, wittebroodpaartjies, afgetrede paartjies en sakereisigers.

Elkeen van die drie eenhede het ’n TV, DStv, WiFi, beddegoed, handdoeke, haardroërs, eetgerei en ander toebehore, tee- en koffiemaakgeriewe, ’n mikrogolfoond, stoof, yskas-vrieskas, broodrooster, ’n strykyster en strykplank. Bring asseblief jou eie driebeen-potjie.

Nabygeleë doendinge sluit in kajakvaart in November, swem, voetslaan, die Weskus-kreefroete, visvang, branderplankry, valskermsweef, riviervlotvaart, kreefduik, 4×4-roetes, bergfietsry al langs die rotse en die flamink-voëlkykroete in.

Let asseblief daarop dat enkelnagbesprekings ten volle betaal moet word. Rook is verbode in al die eenhede.

Bron: Lekkeslaap.co.za, Van Eeden Accommodation

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?