‘Verbeter heeltyd boerdery se ekonomie’

Graaff Vrugte gebruik presisieboerdery om vorentoe te boer.

Danksy volgehoue aandag aan die ekonomie van boerdery en die toepassing van presisieboerdery, kan hierdie boerdery nou blokke vrugte afsonderlik beoordeel en selfs uitwerk hoeveel water per vrug toegedien is.

Mnr. Robert Graaff, mede-eienaar van Graaff Vrugte by Prince Alfred Hamlet, het tydens die onlangse jaarkongres van die Internasionale Federasie van Landboujoernaliste (IFAJ) gesê hulle produseer vrugte in die Wes-Kaap, Namibië en Zimbabwe en voer vrugte na 70 lande uit. Sy broer, De Villiers, is by wynmakery betrokke.

So ’n omvangryke besigheid verg absolute akkurate bestuur, veral op finansiële gebied, om hulle in staat te stel om die winsgewendheid van elke blok vrugtebome of wingerd afsonderlik te meet, “want ons poog om voortdurend te verbeter”.

Besproeiing sluit daarby aan en hulle gebruik ’n stelsel wat slegs genoeg krag vir besproeiing gebruik vir die benodigde hoeveelheid water op ’n gegewe oomblik. “Ons kan selfs meet hoeveel water per perske toegedien is,” het hy bygevoeg. Satelliet-tegnologie word gebruik om verdamping te meet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?