Veiligheidspraatjie met skoolleerders

Lede van die SAPD en verkeersdepartement in die Matzikama-streek besoek vanoggend Ebenhaeser Primêr om leerders toe te spreek oor padveiligheid en die belangrikheid daarvan.

 

Die veiligheidspraatjies het reeds om 07:00 by die skool begin. Met die langnaweek wat hier is, is dit van kardinale belang dat die leerders na die praatjie luister, padreëls gehoorsaam en die belang daarvan moet verstaan.

 

Die SAPD en Verkeersdepartement se spanlede word bedank vir die moeite wat hulle doen om uit te reik na die skole en om die leerders toe te spreek oor die belang van padveiligheid.
Bron: Rugene Links, SAPD, Matzikama

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?