Veilige hantering van gifstowwe

Boere van die omgewing woon elke twee jaar kursusse by oor die veilige hantering van gifstowwe. Die kursus fokus nie net op die hantering van die gifstowwe nie, maar ook die aanwending en berging daarvan, asook hoe om ’n spuitpomp te kalibreer.

Hierdie kursusse is uiters belangrik en baie leersaam want gifstowwe bepaal hoe gesond of hoe kwesbaar jou gewas is. Dit speel ook ’n groot rol in die gehalte-produkte wat boere in oestyd lewer.

Aan die einde van hierdie kursusse kry werkers ’n sertifikaat wat aandui dat hulle bevoeg is om gifstowwe te hanteer, hoe om gifstowwe op gewasse aan te wend end dat hulle weet hoe om spuitpompe te kalibreer wat hierdie gifstowwe op gewasse spuit. Alle plaaswerkers en boere word aangemoedig om veiligheidsklere te dra terwyl gifstowwe aangewend word om sodoende kontak met die vel en liggaamsdele te voorkom.

Bron : Oubaas Kersop, Syngenta.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?