Varsprodukte: Vergelyk oor inspeksies ver

Die omstrede en duur inspeksies van die Departement van Landbou kom later in Mei weer in die kollig. Verteenwoordigers van die vrugte- en groentebedrywe vergader later dié maand met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oor die omstrede en duur inspeksies wat onlangs ingestel is.

Ná berigte vroeër dat talle bedryfsorganisasies, onder meer Hortgro en Graan SA, regstappe oorweeg om die diens te betwis, het verteenwoordigers onlangs aangedui dié moontlikheid is steeds op die tafel.

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende hoof van Hortgro, sê die omgewing waarbinne vars produkte tans plaaslik verhandel word, word tussen kommersiële entiteite ooreengekom en is hoogs geformaliseer, wat eindpunt-inspeksies oorbodig maak.

‘Wet is onder hersiening’
Verder meen hy die voorafgaande konsultasieproses was nie korrek of deursigtig nie, “en dit boonop terwyl die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet 119 van 1990) tans in hersiening is om onder meer vir ’n risiko- en oudit-tipe inspeksie voorsiening te maak”.

Mnr. Billy Makhafola, direkteur van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die bedrywe sal sakemodelle en prysstrukture van die inspeksiedienste kry, wat verwarring sal uitskakel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?