Vars vrugte-sosaties

Baie vrugte is dié tyd van die jaar in seisoen. Maak hierdie lekker vrugte-sosaties vir ’n vinnige nagereg wat in die somermaande gesellig buite geniet kan word. Enige vars vrugte wat in seisoen is, kan gebruik word. Ons het aarbeie, druiwe, pynappel, kiwi en nartjies gebruik. Bedien: 10-15.

Bestanddele:
1 pynappel
5 kiwis
1 houer aarbeie
1 houer druiwe
4 nartjies
1 klein houertjie Griekse jogurt
2 eetlepels heuning

Metode:

  • Sny alle vrugte, behalwe die druiwe en nartjies, in blokkies wat maklik sal wees om te eet.
  • Haal die druiwe van hul stingels af. Skil en haal nartjieskywe uit mekaar.
  • Sit vrugte op sosatiestokkies. Sit eenkant.
  • Meng jogurt en heuning totdat dit ’n lekker stroperige sousie vorm.
  • Gooi jogurtsous oor die vrugte-sosaties en bedien.
0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?