Vanrhynsdorp Eagles se uitslae

Op Saterdag, 12 Augustus, het rugbytoeskouers aksiebelaaide rugby gesien toe Vanrhynsdorp Eagles en Young Spurs van Doringbaai kragte gemeet het op Vanrhynsdorp se sportterrein (Eagle Park). Die A-span van Eagles het hul teenstanders behoorlik ore aangesit terwyl die B-span van Young Spurs die B-span van Vanrhynsdorp Eagles op hul tuisbodem geklop het.

Die A-span van Eagles het Young Spurs met 29-10 geklop. Drieë: Denver Cloete, Adrian Cloete, Demitri Engelbrecht en William Hahn. Drie doelskoppe is deur Anthony Linnert oorgesit en hy het ook vir die strafdoel gesorg.

Die B-span van Eagles het hul wedstryd teen Young Spurs verloor met 15-17. Neville Delport het gesorg vir twee drieë. Joel Adams het gesorg vir een doelskop en een strafdoel.

Volgens Bill Engelbrecht, sekretaris van Vanrhynsdorp Eagles-rugbyklub, was beide die A- en B-spanne se wedstryde die moeite werd om te kyk en Eagles het hulself goed verdedig.

“Al die wedstryde was in goeie sportmanskap gespeel. Eagles berei vandeesweek voor vir hul wedstryde eerskomende Saterdag teen Invincible RVK op Vredendal-Noord se sportterrein,” sê Engelbrecht.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?