Vanrhynsdorp Eagles se uitslae

Die manne van Vanrhynsdorp Eagles het die naweek hul eerste wedstryd van die Boland Noord-Weste top 12 gespeel. Die manne het gasheer gespeel en kragte gemeet teen Langebaan-rugbyklub op Vanrhynsdorp se sportterrein. Langebaan se manne het hul teenstanders ore aangesit en die Eagles met 46-37 geklop.

Die spelers wat Vanrhynsdorp Eagles op die veld verteenwordig het, is as volg:

William Hahn (15), Chris Ruiters (14), Anthony Linnert (13), Llewellyn Hahn (12), Tyrone Boks (11), Adrian Cloete (10), Denver Cloete (9), Devano Otto (8), Dimetri Engelbrecht (7), Godfrey Love (6), Waldo Skippers (5), Jeraldo Coetzee (4), Nico Kotze (3), Dennis Magerman (2), Leighton Farmer (1)

Reserwes:

Christiaan de Bruyn (16), Harry Stuurman (17), Bjorn Kotze (18), Jeromeo Opperman (19), Cornel Beukes (20), Jonathan Tieties (21), Shawn-lee Box (22).

Van hierdie spelers wat gekies was vir die naweek se wedstryd teen Langebaan-rugbyklub, het die volgende spelers gesorg vir punte: Drieë: Anthony Linnert (2), Adrian Cloete, Tyrone Boks en Devano Otto.

Anthony Linnert, die kaptein van Vanrhynsdorp Eagles, het gesorg vir drie doelskoppe en twee strafskoppe.

Volgens Dimetri Engelbrecht, regterflank van Vanrhynsdorp Eagles, was die wedstryd teen die manne van Langebaan baie fisiek en ook opwindend maar dit was ook ʼn baie harde wedstryd.

“Die wedstryd was ook waardevol vir alle spelers en ook die toeskouers van die tuis en besoekende span en albei spanne het hul bes probeer en als ingesit in hierdie wedstryd,” sê Engelbrecht.

Engelbrecht voeg ook by dat hulle vandeesweek moet voorberei en baie moet oefen vir hul wedstryd eerskomende Saterdag, 16 September teen Evergreens van Paarl. Eagles gaan na Paarl reis vir die wedstryd.

Eerskomende Saterdag se spelers sal nog bekend gemaak word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?