Woensdag skoffel ons uiteindelik die feesseisoen in met die In Afrikaans konsert

Woensdag, 20 Desember skop die eerste In Afrikaans konsert uiteindelik op Hartenbos af en vakansiegangers kan saam met die sokkiekoning Kurt Darren, Jay & Lianie May, Ricus Nel en Juan Boucher die feesseisoen op ’n reuse-dansvloer inskoffel.

Hartenbos kook rééds met vakansiegangers wat in die strate wemel en hul rigting na die strand  – en al die aktiwiteite wat Hartenbos bied – vind. Vandeesweek word nóg ’n toeloop van mense verwag met die reeks In Afrikaans konserte op die spyskaart.

Groot opwinding heers ook oor JOOX wat op Hartenbos kuier. Dié musiekstroom-app wat tans op almal se lippe is, bied met die komplimente van die In Afrikaans konsertreeks, gratis BBP-lidmaatskap aan alle musiekliefhebbers. As jy nog nie deel is van dié gemeenskap nie, is daar nou nie verder ’n rede om uit te mis nie! Die span van JOOX sal jou help om ongekende toegang tot die wêreld van musiek te hê en ook sommer touwys maak oor hoe om die In Afrikaans-speellys, wat spesiaal deur JOOX vir dié konsertreeks saamgestel is, af te laai. Jou gunsteling In Afrikaans-kunstenaar se musiek was nog nooit so maklik binne bereik nie!   

Kersfees in Afrikaans op Oukersaand met Robbie Wessels, Douvoordag, Leah en Jo Black beloof om jou in die regte stemming te sit vir Kersdag wanneer jy Kersliedere saam met dié kunstenaars by kerslig kan sing. Kom maak jou hart oop in dié spesiale tyd want alle donasies van dié aand is ten bate van die Hartenbos Bejaardesorgsentrum.

Kom beleef ’n stukkie nostalgie met ’n buitelug-fliekpiekniek met dieselfde atmosfeer as die eertydse inry. Susters, die nuwe Afrikaanse fliek, wys vir die eerste keer by die In Afrikaans konsertreeks op 26 Desember en dis in die kol vir die hele gesin.  

Op 27 Desember word Mnr. en Mej. Hartenbos gekroon en die geleentheid is ’n interessante kombinasie tussen ’n skoonheidskompetisie én musiekkonsert. Mej. Hartenbos sal ook outomaties ’n finalis in die Sarie Voorbladgesig-kompetisie wees. Karlien van Jaarsveld, Brendan Peyper, Leah Jan Bloukaas en Georic Lomas is deel van die aand se verrigtinge.

Bring dus jou kampstoel en kombers en kom kuier lekker saam met jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars. Kosstalletjies en ’n kroegtent sal beskikbaar wees, sowel as ’n winkel wat items van die kunstenaars sal verkoop.

Die konsertreeks vind plaas op 20, 24, 26, 27 en 30 Desember, asook op 4 Januarie 2018 by ATKV-Hartenbos se amfiteater. As jy dus in die omgewing is, koop nou al jou kaartjies by www.itickets.co.za.

Die datums en vertonings vir die konsertreeks is:

Woensdag 20 Desember om 19:30: Dans In Afrikaans – Kurt Darren, Juan Boucher, Jay en Lianie May, Ricus Nel. Plus ’n reuse dansvloer waar daar lekker gesokkie kan word!

Sondag 24 Desember om 19:30: Kersfees In Afrikaans – Robbie Wessels, Jo Black, Douvoordag, Leah. Alle skenkings gaan aan die Hartenbos Bejaardesorgsentrum.

Dinsdag 26 Desember om 20:00: Fliek In Afrikaans – Susters met Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams, Sean Marco Vorster.

Woensdag 27 Desember om 19:30: Mnr. & Mej. Hartenbos – Jan Bloukaas, Leah, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld, Georic Lomas.

Saterdag 30 Desember om 19:30: Hartenbos In Afrikaans – Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman.

Donderdag 4 Januarie 2018 om 19:30: Akoesties In Afrikaans – Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue, Jo Black.

Kaartjies beskikbaar by www.itickets.co.za of 086 1000 291.

Uitgereik vir Inhoud Huis Musiek (In Afrikaans):

Vir navrae kontak:          

Jacomien de Villiers  
E-pos: jacomien@inhoudhuis.co.za
Sel: 076 964 6472

Uitgereik deur Lumico:

Vir navrae kontak:         

Vicki Rothman
E-pos: vicki@lumico.co.za
Sel: 063 107 3620

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?