Vra jouself die volgende vrae as jy jou eie onderneming wil begin

Die meeste mense begryp dat besigheidskennis nodig is om ʼn onderneming te bedryf, maar die meeste suksesvolle besigheidseienaars het ook bykomende vaardighede en eienskappe wat ʼn suksesvolle firma aanhelp. Voordat jy besluit om met ʼn besigheid te begin, moet jy nadink oor watter eienskappe jy het, hoe jou kop werk en hoe dit kan help om ʼn meer suksesvolle besigheidseienaar van jou te maak.

 

Ongeag hoe ver jy met die beplanningsproses is, daar is belangrike faktore om te oorweeg in verband met jou sterktes en swakhede wat jou onderneming kan maak of breek nog voordat jy begin het.. Laat ons dit erken: die realiteit werk nie mooi met beginners nie. Die meeste mense begryp dat besigheidskennis nodig is om ʼn besigheid te bedryf, maar die meeste suksesvolle besigheidseienaars het ook bykomende vaardighede en eienskappe wat ’n sukses kan aanhelp. Voordat jy besluit om met ʼn besigheid te begin, moet jy nadink oor watter eienskappe jy het, hoe jou kop werk en hoe dit gewaag kan word om ʼn idee in ʼn besigheid om te sit, ʼn leeftyd se spaargeld en ongelooflike energie daarin moet belê ─ om nie eers te praat van die hope hoop en drome nie. Dit is oorweldigend ontmoedigend om uit te vind dat gemiddeld nege uit elke tien nuwe besighede misluk.”

 

Om jou eie baas te wees, kan belonend wees, maar nie almal is daarvoor uitgeknip nie. Dit is so dat jy in ʼn sekere mate meer vryheid het as jy vir jouself werk teenoor wanneer jy vir iemand anders werk. Jong entrepreneurs vind egter dikwels dat die werklas en die stres van voortdurend te moet presteer om hul nuwe besigheid lewensvatbaar te hou hulle oorweldig.

 

Ten einde jou beginnersbesigheid ʼn gelyke kans te gee om te slaag in ʼn wêreld waar die statistiek teen sukses is, vra jouself die volgende ses vrae af om te kyk of jy die nodige eienskappe het:

 

  • Is ek ʼn self-beginner? As jy jou eie besigheid het, is daar nie ʼn baas of bestuurder wat vir jou sê wat om te doen of wanneer om dit te doen nie. Om jou besigheid in ’n bedryf te kry, sal jy jou moet motiveer om dinge aan die gang te kry.
  • Hou ek van uitdagings? Besighede is konstante uitdagings. As jy van ʼn goeie uitdaging hou, sal dit jou stimuleer. Indien nie, voel dit op die ou end vir jou asof jy in ʼn nimmereindigende opdraande stryd gewikkel is.
  • Hoekom doen ek dit? Of dit nou passie vir ʼn produk is of die aanloklikheid van jou eie baas te wees, ʼn begrip vir en fokus op dít wat jou motiveer, sal ʼn integrerende deel wees van met jou eie besigheid te begin, veral as die druk begin oplaai. As jy nie eens seker is van hoekom jy met jou eie kafee begin het nie, hoe gaan jy dit maak deur die nimmereindigende ure se werk oor naweke of die berg papierwerk om bestellings te kry?
  • Is ek aanpasbaar genoeg? Hoe gaan jy dit hanteer as, sê nou maar, die bank jou lening weier of as jou reklamepraatjie gekritiseer word? Ten einde te voorspel hoe jy in so ʼn uitdagende omgewing sal vaar, vra jou die volgende vraag af: hoe het jy voorheen gereageer op terugslae in jou loopbaan en in jou persoonlike lewe? As jy iemand is wat maklik deur teleurstellings ontmoedig word, is ʼn besigheid dalk nie die regte keuse vir jou nie.
  • Kan ek dit bekostig? Die aanvangskoste van ʼn besigheid word omskryf as die bedrag wat jy bestee voordat jy ʼn wins begin toon. Om ʼn bepaalde bedrag te noem vir wat dit sal kos om met ʼn besigheid te begin, is ʼn waagstuk want elke onderneming (en sukseskoers) is anders. Probeer uitwerk hoeveel geld jy nodig het om jou onderneming aan die gang te kry, met inagneming van koste soos domeinname, webwerfontwerp, kantoorruimte, marknavorsing en bemarkingsmateriaal.
  • Is dit nou die beste tyd? Hoewel daar nooit ʼn perfekte tyd sal wees om met ʼn besigheid te begin nie, moet jy versigtig wees as daar faktore in jou persoonlike of professionele lewe is wat moontlik die oorlewing van jou onderneming kan affekteer. Dalk is jy in die proses om met ʼn gesin te begin, ʼn huis te koop, of dalk is daar ander dwingende verpligtinge wat nie nou opgeoffer kan word nie. Sal sake oor ʼn paar maande anders wees? As die antwoord ja is, stel die projek eers af om jou besigheid die beste kans op sukses te gee.

Bron: Jou loopbaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?