Vereer alle vroue dié Vrouemaand

In Suid-Afrika vier ons elke jaar Vrouemaand in Augustus en herdenk ons die duisende vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou geloop het in protes en wat deur die jare moes veg vir hul regte. Dit is ook die rede dat Woensdag, 9 Augustus, deur die regering as ’n nasionale vakansiedag verklaar is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Regering se nuusagentskap was die historiese optog ’n keerpunt vir vroue in hul stryd vir vryheid en die samelewing. Sedert daardie dag het vroue van alle vlakke van die samelewing gelykes geword in die stryd vir ’n nie-rassistiese en nie-seksistiese Suid-Afrika.  

Vroue se oorlog teen gelykheid is egter nie iets van die verlede nie. Vroue veg wêreldwyd vir gelykheid in die werksplek asook in hul huishoudings. Volgens die Suid-Afrikaanse departement vir ekonomiese ontwikkeling is dit duidelik dat Suid-Afrika vordering maak in die emansipasie van die vrou, maar daar is nog heelwat struikelblokke wat vir hul voorlê.

“Baie vroue is steeds op die rand van die samelewing en is kwesbaar vir sosiale risiko’s soos geweld, verkragting, mishandeling, werkloosheid en armoede.”

Volgens Statistiek Suid-Afrika se 2016 demografiese en gesonheidsverslag wat vroeër vanjaar bekend gemaak is, loop 1 uit elke 5 vroue in Suid-Afrika bo die ouderdom van 18 deur onder fisiese geweld.

Vroue moet begin om meer vir mekaar op te staan en mekaar aan te moedig om ’n verskil te maak. Daar is heelwat maniere hoe vroue meer betrokke in die gemeenskap kan raak, en sodoende ook die rol van vroue kan bevorder. Hoe meer vroue sterk rolle in die gemeenskap vul, hoe ’n beter beeld skep dit ook vir jonger vroue.   

Hou ons webblad dop vir inspirerende stories en suksesverhale van vroue in die Matzikama-streek. Ken jy ’n suksesvolle vrou in die gemeenskap wat se storie vertel moet word? Stuur vir ons ’n e-pos by mymatzikama@lumico.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?