Seesig Holiday House

Seesig Holiday House is ’n gerieflike selfsorg-gesinshuis met see-uitsigte op die stil en rustige kusdorpie Strandfontein. Strandfontein is die ideale oornagplek vir gaste wat na en van Namibië reis. Walvisse word gereeld aan die kus gewaar en die veldblom-tapyt skep ’n asemrowende landskap in Augustus en September. Ons is binne maklike stapafstand vandie strand.

 

Die huis het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en ’n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers het dubbelbeddens en die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Twee van die slaapkamers en die leefarea het see-uitsigte. Die volledige badkamer het ’n bad en ’n stort. Daar is ook ’n ekstra aparte toilet.

 

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ’n yskas-vrieskas, ’n stoof en oond, ’n mikrogolfoond, ’n vrieskas en ’n skottelgoedwasser. Daar is ook ’n eetkamertafel en stoele. Die leefarea het ’n TV met DStv. Braaigeriewe is agter die huis beskikbaar. Daar is meer as genoeg parkeerplek beskikbaar.
Bron: lekkeslaap.co.za, Seesig Holiday House

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?