Sakelui kan nou hulle mening gee

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Matzikama, het sakelui van elke dorp en elke bedryf in dié streek, nou die kans om hul mening te lug oor die munisipaliteit se prioriteite vir ekonomiese ontwikkeling in die streek.

Die Matzikama-munisipaliteit en -sakekamer dien die streek deur die bevordering van ekonomiese ontwikkeling van alle dorpe wat deel vorm van die Matzikama munisipale area.

As deel van die nuwe 5-jaar beplanning, met jaarlikse hersiening, en planne vir beter kommunikasie, het die munisipaliteit ’n meningspeiling saamgestel wat hulle graag wil hê alle sakelui in die Matzikama-omgewing moet invul om ’n sê hê in waarop gefokus moet word.

 

Die Matzikama-munisipaliteit gaan hierdie inligting as grondslag gebruik om hul ekonomiese ontwikkelingsplan vir die volgende vyf jaar te formuleer.

 

Aangesien dit slegs een meningspeiling per onderneming is wat ingestuur en wat in ag geneem sal word, word die inligting op ’n billike en gelyke grondslag ingesamel.

 

Nie net gaan die mening van sakelui gebruik word om die munisipaliteit in hul bedrywighede te lei nie, maar nog ’n oogmerk van hierdie peiling is dat sake op ’n beter en meer doeltreffende wyse gedoen word.

Jou inset is uiters waardevol, so vul asseblief die vorm in deur op die skakel hieronder te klik – wees seker jou mening tel in al die besluite wat die munisipaliteit neem.
Voltooi vorm in Afrikaans

 

Complete form in English

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?