Rooibos Bpk. en KANSA bied kankerbewustheidsdag aan

Ter viering van die 31ste Freshpak Fiksheidsfees en Borskankermaand in Oktober, het Rooibos Bpk. en KANSA saamgewerk om ʼn kankerbewustheidsdag vir die gemeenskap van Clanwilliam aan te bied. Die geleentheid is op Woensdag, 12 September van 09:00 tot 15;00 in Clanwilliam se gemeenskapsaal aangebied. ʼn Omvattende gesondheidsdiens is gratis deur verskeie rolspelers aan die gemeenskap gebied.

Die reeks toetse het onder meer moesie-ondersoeke met KANSA se FotoFinder dermaskoop,  kanker “leefstyl risiko” analises en ’n smokerliser toets vir rokers wat die bloed se suurstofbehoefte bepaal, as gevolg van rook, ingesluit en is gebruik om die gemeenskap bewus te maak van ’n goeie gebalanseerde en gesonde leefstyl.

Rooibos Bpk. is die land se voorkeurverskaffer van Rooibos, in beide die plaaslike en internasionale mark. Volgens Gerda de Wet, kommunikasiebestuurder van Rooibos Bpk., is ’n Shaveathon ook gehou, waartydens hare gespuit is om kleur aan die dag te bring en om meegevoel te betoon aan kankerpasiënte wat hulle hare verloor as gevolg van chemoterapie. Volgens haar het KANSA se Toktokkie-karakter die kinders vermaak en geleer van kanker en voorkoming.

Die KANSA-personeel het die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) en hul tuisversorgingspan bedank. “Die dag was werklik ’n sukses, met meer as 100 mense wat dit bygewoon het,” sê de Wet.

Tuisversorgers van die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en die Department van Gesondheid het gratis bloeddruk-, MIV- en oogtoetse aanbied, sowel as glukose en gewigstoetse. Die Sederkem-kliniek in Clanwilliam het ook ’n gesondheidstalletjie aangebied.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?