Rangers FC se uitslae van die naweek

Die sokkerspan Rangers FC het die naweek na Moorreesburg gereis om aan die Provinsiale ABC Motsepe-uitklopkompetisie deel te neem. Die seisoen vir 2016 en 2017 het die naweek ook tot ʼn einde gekom.

 

Die naweek se uitslae van die Rangers is as volg:

  • Rangers FC verloor Saterdag, 3 Junie, se wedstryd  teen Celtic FC met 5 – 1.
  • Rangers FC verloor ook Sondag se wedstryd teen Royal Blues met 6 – 1.

 

Die doelwitte wat Rangers FC vir die seisoen vir die klub gestel het, het hulle bereik, hoewel die span redelik jonk is. Rangers se deelname aan die uitklopkompetisie was ʼn geweldige leerskool vir die spelers en bestuur. Die bestuur sal die lesse van die naweek neem en dit toepas tydens hul beplanning vir 2021.

“Groot dank gaan aan God die Vader vir ʼn suksesvolle seisoen op die sokkerveld. Aan al ons spelers, afrigters, bestuur, ondersteuners en borge baie dankie vir julle ondersteuning vir die seisoen. Rangers FC  gaan ʼn welverdiende ruskans van sokker vat om die batterye te herlaai.

Bron: Corrie Pieters, Facebookblad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?