Rangers FC hou algemene jaarlikse vergadering

Op Sondag, 16 Julie gaan die Rangers FC hul algemene jaarlikse vergadering hou. Die vergadering sal om 15:00 in die gemeenskapsaal op Koekenaap plaasvind.

Die doel van die vergadering is om nuwe bestuur vir die span te kies en om ook oor ander aspekte van sokker te praat. Al die huidige en oud-lede van die Rangers word genooi om die vergadering by te woon.

Volgens Corneels Pieters, bestuurslid van Rangers FC, is enige nuwe lede wat belangstel om by die sokkerspan aan te sluit, meer as welkom om die vergadering by te woon.

“Rangers FC berei op die oomblik ook vir die provinsiale Nedbankbeker-sokkertoernooi voor, die datum en plek van die provinsiale wedstryde sal nog bekend gemaak word,” sê Pieters.

Vir meer inligting kontak Corneels Pieters by corriepieters1978@gmail.com of Willem Owies by 083 610 0651.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?